User Menu:

Welcome Guest

 

 

Log In or Register now

 

 

Rate Poetry

Gister ( 104 Views)

written by : Charl

Die dag van gister, is beter as vandag,
Maar dit het vandag gevat om dit te weet,
Het ek geweet, sou ek gister meer lag,
Sou ek gister se probleme vergeet.

En net leef, in die dag van gister,
Vir die dag se volheid, en hoop.
Maar dis die hartseer van die digter,
In elke dag kleef sy hart oop.
En in die feeling van die dag, moet hy loop,
Om die dag vas te vang,
En dit op papier te hang.

Want in die oggend bevrore,
Gaan die woorde verlore,
Van die dag van gister,
Van wat dit was en kon wees,
As mens dit net kon lewe met meer gees.

Maar ons is almal skuldig, in die hartseer tyd,
Dat ons net sit, en na beter dae terug kyk,
En nie dink, dat môre is vandag nog ‘n gister,
En dalk was die gister baie berter,
As môre se vandag, waar die toekoms wag.

So my dag van gister, lewe ek vandag,
Sodat môre ek kan sę, my gister was lekker,
Waar ek kon praat, speel en lag,
En ek hoop my môre is weer beter.

Dat vir eens in my lewe,
My gister nie my gedagtes heers,
En my môre my nie laat vrees,
Maar net na ‘n toekomende gister strewe,
En daar hoop, dat ek beter kan lewe.

Report this poem

Poem Rating - 2/10

 

Bookmark and Share

 

 

 

Question markComments

Below are comments made on the above Poem

 

 

 

 

No Comments! Be the first to place a comment on this poem.

 

You need to be logged in to make a comment on this poem.

Log In or Register for free.

 

 

 

 

 

Newest Poetry:

Advertisements:

Links: