User Menu:
Die Arend Het Geval ( 215 Views)
written by : RooiValk
Die Arend is dood, dit was mos moord.
Ons land is gewond maar ons is nog gesond.
In die duister is daar n' vluister dat ons mense se tyd is verby en dat hulle ons wil afsny.
Maar solank daar nog een van ons staan sal ons nooit weggaan.
Ons mense is soos altyd, sterk, standvastig, dapper en gelowig want van bloed, grond en GOD se genade is ons gemaak.
Mag ons sterk wees, sterker as staal.
Mag ons standvastig wees meer as die berge wat vastrapplek vind in ons prag land.
Mag ons dapper wees soos David wat voor Goliath staan en mag geloof diep en dik in ons are vloei.
Liefde, vrede en GOD se Seen vir julle almal my geliefde Afrikaner Volk
Poem Rating - 8/10
Comments
Below are comments made on the above Poem
No Comments! Be the first to place a comment on this poem.
